KAMPUSVEILIGHEIDSOPNAME |
AfriForum Jeug doen ’n veiligheidsopname om die veiligheidskwessies van studente op kampus en in die omliggende gebiede beter te begryp. Jou insette sal help om sleutelprobleme te identifiseer en jou veiligheid te verhoog.
As jy ons opname voltooi, staan jy ’n kans om ’n Takealot-geskenkbewys ter waarde van R500 te wen.
Bepalings en voorwaardes
Prys
- Die prys is ’n Takealot-geskenkbewys ter waarde van R500.
- Die prys kan nie vir kontant ingeruil word nie.
- Die wenner word telefonies in kennis gestel, mits die besonderhede by die laaste vraag volledig voltooi is.
- Die finale beslissing is ononderhandelbaar en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- AfriForum en sy vennote kan nie aanspreeklik gehou word vir enige tegniese fout(e) wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien is nie.
Beskerming van persoonlike inligting
AfriForum Jeug is verplig om jou persoonlike inligting ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (die sogenaamde POPI-wet) te beskerm. Alle data wat met hierdie opname ingesamel word, word streng vertroulik hanteer en word slegs vir navorsingsdoeleindes oor kampusveiligheid gebruik. Respondente se onderskeie terugvoer bly anoniem en geen persoonlike inligting sal sonder toestemming met derde partye gedeel word nie. Deelname aan hierdie peiling is vrywillig en jy mag jou enige tyd daaraan onttrek.
Sensitiewe vrae en ondersteuning
AfriForum Jeug weet dat sommige vrae moontlik sensitief mag wees. Indien enige van die vrae ’n emosionele reaksie by jou ontlok, moedig ons jou aan om die opname te staak en professionele hulp te oorweeg.
Jy kan ook die AfriForum-traumaeenheid vir ondersteuning of berading by 064 870 8312 kontak, of hul webtuiste by AfriForum Traumaeenheid besoek.
Jy kan ook die AfriForum-traumaeenheid vir ondersteuning of berading by 064 870 8312 kontak, of hul webtuiste by AfriForum Traumaeenheid besoek.
Navrae
Kontak gerus AfriForum Jeug by jeug@afriforum.co.za as jy enige vrae oor hierdie opname het.
Kontak gerus AfriForum Jeug by jeug@afriforum.co.za as jy enige vrae oor hierdie opname het.