Op verskeie kruisings in die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit is daar foutiewe verkeersligte of verkeersligte wat nie werk nie. Dit veroorsaak daagliks frustrasie en skep veiligheidsrisiko’s vir alle padgebruikers. AfriForum doen hierdie kort opname om die impak daarvan op die gemeenskap van Ekurhuleni te bepaal en sterker optrede teen foutiewe verkeersligte van die munisipaliteit te eis.
Indien jy ’n foutiewe verkeerslig aangemeld het, hou asseblief jou verwysingsinligting byderhand.
Sensitiewe vrae en ondersteuning
AfriForum weet dat sekere vrae moontlik sensitief mag wees. Indien enige van die vrae ’n emosionele reaksie by jou ontlok, moedig ons jou aan om die opname te staak en professionele hulp te oorweeg.
Jy kan AfriForum se traumaeenheid by 064 870 8312 kontak vir ondersteuning of berading of besoek hulle webtuiste by https://afriforum.co.za/veiligheid/afriforum-traumaeenheid/.
Navrae
Kontak Nadia Olckers by nadia.olckers@afriforum.co.za as jy enige navrae oor hierdie opname het.
Bepalings en voorwaardes
AfriForum sal jou persoonlike inligting beskerm ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPI-wet). Alle inligting wat met hierdie opname ingesamel word, sal vertroulik behandel word. Jou persoonlike inligting sal slegs vir navorsingsdoeleindes gebruik word. Geen persoonlike inligting sal ingesamel word buiten wat nodig is vir hierdie opname nie. Respondente se individuele antwoorde sal anoniem bly. Deelname aan hierdie opname is vrywillig en jy kan jou te eniger tyd daaraan onttrek.