![]() |
Wereldwye Insameling van Inligting oor die lewensomstandighede van Landelike Vroue |
Inleiding
Dankie dat u deelgeneem het in die Wereldwye opname oor die lewensomstandighede van die landelike vrou. Hierdie tipe opname is heel eerste deur die Wereldbond van Plattelandse Vroue onderneem in 1935. Ons besef dat die stem van die landelike vrou die moeilikste is om te hoor en ons wil dit graag verander. Die data vanaf hierdie opname sal gepubliseer word, en aangebied word aan beleidsmakers deur die wereld, en ook gedeel word met ander Nie- regerings Organisasies.
Probeer om al die vrae te beantwoord. Dit behoort so 25 minute te neem. Sommige vrae is baie persoonlik, en ons sal begryp as u dit dalk nie wil antwoord nie. Indien u ongemaklik voel of verkies om daardie vraag nie te beanatwoord nie, is u welkom om dit te los. Die idee van die vrae is om aan ons 'n beter insae te gee oor u lewensomstandighede, so eerlikheid en opinies word baie waardeer.
Hierdie vrae is deur professionele mense en akademici bestudeer vir kwaliteitsaspekte. Jou inligting sal vertroulik gehou word en naamloos deur die proses gaan. Ons vra nie jou naam of adres nie. Indien jy nie die vrae wil voltooi nie, is jy welkom om te stop enige tyd. Indien jy gewillig is om te antwoord, lees asseblief die volgende verklaring van toestemming en begin dan gerus die vrae antwoord.
Toestemming: Ek bevestig dat ek verstaan waarom hierdie opname gedoen word en ek neem vrywilliglik daaraan deel. Ek verstaan dat ek ook die opsie het om dit nie te voltooi nie, en dat indien ek deelneem, my reg tot anonimiteit en vertoulikheid gerespekteer sal word. Baie dankie dat u die tyd neem om hierdie opname te voltooi - u bydrae is belangrik om te verseker dat die stem van die gemeenskap gehoor word. Indien u meer wil weet oor die opname, besoek gerus ifrw.org.uk